Daar is altyd die eerste keer.

Wow! Is ek nou duidelik impressed met al die slim mense wat in Afrikaans blok of nie! Soos die Leeuloop man se T-shirt sê “Awesomerowend”.  My mede nefies en niggies het duidelik nie meer tyd vir Volkspele en jukskei speel nie.  Of dalk doen hulle … net op ander onverstaanbare maniere.

Ek het net gister besluit dis twak dat my kinners meer weet van al hierdie uitheemse rekenaar goete en daarom stig ek vandag my eie blok … ek sien dis wat Steve dit noem, so wie is ek om met ‘n mede Blou Bul te stry?

Ek vermoed ek gaan meestal met myself praat – maar dis niks ongewoons nie. So hier kom die water teen die stroom af en die wiel wil draai laat die spoeg spat!

9 Responses to “Daar is altyd die eerste keer.”

  1. boerinballingskap Says:

    Welkom hier! :)

  2. sonkind Says:

    Voor jy jou oe uitvee, praat jy nie meer met jouself nie. Welkom hier! Pasop net, daar is nog nie pille vir hierdie siekte nie, en dis verslawend!

  3. karoles Says:

    Welkom in die blogwereld, hoop jy gaan dit geniet!!

  4. ding Says:

    Dagse waterwieldrywer!

    Mmmm… ding is sommer trots op jou dat jy besluit het jy stig jou eie blok; bou jou eie kanaal en waterwiel vir al die gedagtestrome – kyk, as jy nou net met jouself WIL praat, kan niemand jou mos nou keer nie, sien jy, maar jy hoef nie, hehe.

    Ding sien uit daarna om so dan en wan by jou waterwiel bietjie krag te kom kry, rustig te sit en na die water stroom af te luister.

    Sterkte en voorspoed!
    Staan sterk, sit stewig, le laag
    ding

  5. Jo-Ann Schou Says:

    Welkom in die kring. Soos jy seker weet, is dit verslawend en daar is nie pille nie.

  6. kokkewiet Says:

    Baie welkom in die blogosfeer. Ek kan net beaam wat sonkind en Jo-Ann sê – dis baie verslawend!

  7. Johan Swarts Says:

    Welkom by WordPress :-)

  8. Roer Says:

    Trust Johan om nou weer dwarsgat te wees! ;-)
    Welkom Wielietjie. Sien uit daarna om hier te kuier.

  9. My Kop Op 'n Blok! Says:

    Welkom, welkom! Is jy van Keimoes se wêreld af?

Leave a Reply