My vormingsjare was in die tyd van die Rooi Komplot, Totale Aanslag, paraatgeit, geestesweerbaarheid en drilpeletons. So iemand behoort te verstaan dat ek tot vandag toe glo dis ’n kommunistiese plot dat tyd vinniger loop in die naweek as gedurende die week.
Hoe kan enige regering (pantoffel ingesluit) verwag jy moet al hierdie in een naweek inpas : gholf, die nuwe Ludlum boek, ‘n Noga-skaapbraai, ‘n flouerige Bok-wedstryd, kerk, inkopies, al die Idols oudisies vir ‘n week, kitaarspeel en genoeg slaap?
‘n Noga-skaapbraai. Ja, noga ou wat Australië toe vlug. Daar sit ons toe weer, in die ysige koue wat die Kaap na Pretoorsdorp toe gestuur het, starend in eerbiedige stilte na die amper-uitgebrande bosveldhoutvuur en wonder … is hy gek of is hy slim? Vir iemand wat na drie jaar in die vreemde huiswaarts gekeer het om by vriende en familie te wees is dit hartseer om maand na maand om ‘n vuur te sit en afskeid te neem. Die eina-ste van alles is … die uitnodingings stapel op by die dag. Dan wonder jy by jouself, het jy die GROOT fout gemaak om te glo hier is ‘n toekoms? Is jou kinders rerig beter af as boerseuns eerder as bleekwit, ongeskikte, kroegkruipende, suipende, papnat Londoniete? Was jou vrou reg om kwaad te wees toe jy opsluit wou terugkom huis toe?
Net tyd sal leer … maar hoevel tyd is daar?.