Ek sien die manne wat weet sê die blog ding het begin tydens die Twin Towers aanval. Mense het glo ge-blog om kontak te hou met mekaar of om die vermistes op te spoor. Ek wil kyk of dit vir my ook werk.
Ek soek nou al lank na …
… die poepol homopaat wat vir my vrou (toe verloofde) vertel het sy kannie swanger word as sy “natuurlike” geboortebeperking gebruik nie. Yeah, right!
… die kortgat-rooikop korporaal wat my so laat afkak het in die army. Vandag moet ek baaie groter wees as hy.
… die braait spark wat gedink het minibus taxi’s gaan die PUTCO bus probleem oplos en wonders doen vir ons verkeersprobleme.
… daai Engelse onnie wat die “walking-around-beauty-bosluis” op haar witgepoeierde gesig gehad het. Ek wil weet of die bosluis nog lewe?
… ‘n kopie van England Dan & John Ford Coley se “Fables” album. Dit sal mooi gaan wanneer ek my enigste bottel 1999 Meerlust Rubicon oop maak.
… die meisie wat in standerd ses vir my ‘n suggestive Valentine’s kaartjie gestuur het. Nou is ek’s jammer ek was te skaam om te probeer uitvind wie jy is was.
… die moroon wat die voorspelling van “Great wealth awaits you around the corner.” in my fortune koekie gesit het sonder om die naam van blerrie straathoek ook te gee.
… die idioot wat vir Mara van Idols vertel het “va-va-vroom” is ‘n musikale term.
… die klipkop wat Jan van Riebeeck se boot bestuur het. Kon die donner nie net reguit aangehou het tot in Perth en daar gaan land het nie? Dit sou ons almal baie moeite, verdriet en visa kostes bespaar het.
Soek boetie, soek.
2007-08-28 at 1:13 nm
Ek hou nogal van jou sardoniese skryfstyl. Dalk sê dit meer oor my as oor jou, but still. I like. En respek vir die afkak in die army, dis ‘n werklikheid wat my geslag nie meer ken nie.
2007-08-28 at 1:59 nm
hie-hie. Welkom in die blogosfeer. Jy sal verseker antwoorde hier vind, maar nie noodwendig op die vrae wat jy vra nie