“Een, twee, drie …..” tot by hoe ver die oudste neef ookal besluit het jy moet tel.
“Hier kom ek!” Dit het altyd die groot gesoek afgegee. Wanneer al die neefs en niggies op Oupa se werf wegkruipertjie gespeel het. Jy het als probeer om jouself weg te steek. Agter en bo in bome, tussen die yskas en die stoof, onder die karre, agter Pa se stoel. Maar helaas, altyd het ’n uitsteek toon, ’n kroontjie hare of die onverwagte niesbui jou wegkruipplek verklap.
”Blok vir Fielies daar agter die krimisrose!”
Deesdae voel ek weer so. Almal kruip weg in die digitale oerwoud van die internet. En ek moet soek. Dis vet pret om te kyk wie blok wie eeste … ek vir jou of jy vir my?
”Blok vir Oopkop”. ”Blok die Boer in Ballingskap”. Steve blok homself. Waar is daai blerrie Johan Swarts nou weer … ?
“Blok, blok, blok ……”
“Hier kom ek ….”
2007-08-31 at 3:07 nm
Hi Waterdraer.
Ek wonder of die meeste van ons nie dalk onsself sien wegrkuip hier tussen die blaaie van die internet nie. Hier los ek nou hierdie comment op jou blog en niemand wat my kenh gaan waarskynlik weet ek het dit gedoen nie. Deur my vingers na die sleutelbord vloei ek self. Ek tik woorde wat ek nie van geweet het nie. Ek dink gedagtes wat hier ontstaan. Ek sien my self. Ek kry myself. Een, twee, drie blok myself.
2007-08-31 at 6:28 nm
Ja, dit is een van die dinge wat meeste van vandag se kinders nie eens ken nie. En dit is om in modder te speel, kleilat te gooi en so kan ek baie dinge noem wat vandag se kinders glad nie ken nie! Maar as jy praat van ‘n computer, dan praat almal saam. Ek se nie dinge moet nie moderniseer nie, maar kinders bly kinders.
2007-09-01 at 7:44 nm
Vir my was die lekkerste speletjie in die aande: donkerkamertjie, maar dit was ‘n ma se nagmerrie. Ek kan nie meer mooi onthou hoe ons dit gespeel het nie.
As jy op my blok kyk na my heel eerste inskrywing, sal jy sien ek wou my blok graag noem Blok Myself, maar iemand anders (of meer as een) het my al voorgespring.
2007-09-03 at 9:49 vm
Oe, Blok, donkerkamertjie was ook my gunsteling. Ja, die blog is ‘n lekker ’speletjie’ ou Waterwiel. Ek geniet dit!
2007-09-03 at 11:14 nm
Ek raai ek’s die jongste van almal wat hier comment…
…maar wegkruipertjie en donkerkamertjie was destyds vir my ook groot gunstelinge
(terloops, hier is ek
)
2007-09-05 at 1:15 nm
Jy maak my wonder… jy maak my dink……
Maar ‘ek like’!!!!
2007-09-06 at 11:37 vm
Okey Waterwiel, jy kan nou maar weer uitkom!!
2007-09-19 at 7:54 vm
1, 2, 3 . . . blok myself!
2007-09-26 at 7:45 nm
Dit is hoekom my blokrolletjie so lank is… sodat ek kan ophou soek…..