Die verkleurmannetjie en die Smartieboks.

Dit was so ’n week.   

Ek het gevoel soos daai verdwaasde gogga.  Ek het heel naweek met seer oë rondgeloop van al gerol om by te bly met die dinge om my. 

Die spektrum van Smarties in my verlede week : 

-          ek is seker die titel van daai veelbesproke boek is verkeerd.  Ek kan sweer dit moes gelees het “Women are from Mars ….”  Jy weet mos – dis die oorlog planeet! Die “oorlogspad’ is die week tot stof toe getrap daar by my huis. 

-          Kan die skole en universiteite dalk oorweeg om die volgende vak aan te bied : “Hoe om nie my pa se geld te mors nie”.  Ek sal dubbel klasgeld betaal …  en as hulle druip moet hulle ’n jaar lank die olifantmis in die Wildtuin gaan optel. 

-          Hoe is dit dat die munispaliteit wat so gulsig elke maand my geld eis, nie in staat is om sy verpligtinge na te kom en die vullisblikke in ons dorpie leeg maak nie?  Daar lê ’n berg van swart sakke met gemors wat oral uitpeul reg voor die ingang na my werkplek! Komaan mense – doen iets of gee my geld terug! 

-          Vier uit die vyf oggende wat ek werk toe ry sit ek twee ure lank vas in verkeer. Net omdat die wetters wat busse en vragmotors bedryf te blerrie inhalig is om die goed padwaardig te hou.  Nou breek hulle op die mees ongeleë tye op die onmoontllikste plekke. 

-          Ek raak al vetter en onfikser.  Waar die wil weg is, is alles weg. 

-          Lente was een dag lank en die somer is hier in volle mag – maar die water is nog te koud om te swem. 

-          Die Bulle verloor. 

-          Die Bokke wen. 

-          Die moord en doodslag duur voort en die regering doen nog steeds die Pontius Pilates wikkeldans.

-   My waterwiel staan stil weens ….

Die week moet net better.

5 Responses to “Die verkleurmannetjie en die Smartieboks.”

  1. My Kop Op 'n Blok! Says:

    ‘n Waterwiel het mos baie skeppers. Skep moed, vriend!

  2. Johan Swarts Says:

    genade, dis omtrent ‘n woelige klompie gedagtes wat jy het.

  3. marat Says:

    Moenie alleen voel nie, jy is nie die enigste een wat sulke weke beleef nie! ;)

    Hou net uit, dit word wel beter!

  4. Roer Says:

    Sjoe jong! Gaan dit al beter? Ek stem vir daai ekstra vak op Universiteit. Myne is nog klein, maar ek sal daarop aandring dat hulle daai klas loop. Net ingeval.

  5. Tersia Says:

    Verdra mekaar of wees-lief-vir-my-broer-vak, sal dalk ook van hulp wees! Is lief-wees so swaar!! Ek weet dis tieners, maar ai tog, gee my krag!!

Leave a Reply