Dis ek

Dit word my vertel dat ‘n waterwiel deel van my familiegeskiedenis uitmaak.  Erens waar die familie verhaal begin was daar ‘n plaas met ‘n waterwiel. Seker waarom die ding my nog altyd fasineer. 

Dit skep lukraak water uit die stroom wat sonder ophou oor hom vloei en verplaas dit na dieselfde stroom – sonder enige sigbare verandering in die vloei van die stroom.  Op dieselfde tyd laat draai dit die ratte wat dan gebruik word om dinge op een of ander manier te verwerk – dit te maal, te buig, te breek.

Is dit nie hoe die lewe werk nie?  Ons gedagtes en drome vloei in die in die stroom van biljoene ander lewende, denkende wesens sonder dat iemand dit kan sien en vasvang – en tog bly dit uniek en spesiaal. Hopelik bring dit ook verandering op een of ander manier – ten goede.

Hierdie is my stroom. Hierdie is my wiel.  Jy kan help om dit te maak draai met die water wat ons daaroor laat loop. 

Sela.

Nuttelose info : Manlik, Pretoria, getroud, bo dertig, onder tagtig, musiek, lees, dink, droom, te min tyd.

Leave a Reply