2007-08-30
“Een, twee, drie …..” tot by hoe ver die oudste neef ookal besluit het jy moet tel.
“Hier kom ek!” Dit het altyd die groot gesoek afgegee. Wanneer al die neefs en niggies op Oupa se werf wegkruipertjie gespeel het. Jy het als probeer om jouself weg te steek. Agter en bo in bome, tussen die yskas en die stoof, onder die karre, agter Pa se stoel. Maar helaas, altyd het ’n uitsteek toon, ’n kroontjie hare of die onverwagte niesbui jou wegkruipplek verklap.
”Blok vir Fielies daar agter die krimisrose!”
Deesdae voel ek weer so. Almal kruip weg in die digitale oerwoud van die internet. En ek moet soek. Dis vet pret om te kyk wie blok wie eeste … ek vir jou of jy vir my?
”Blok vir Oopkop”. ”Blok die Boer in Ballingskap”. Steve blok homself. Waar is daai blerrie Johan Swarts nou weer … ?
“Blok, blok, blok ……”
“Hier kom ek ….”
9 Kommentaar |
Flotsim en jetsim |
Permalink
Bygedra deur Waterdraer
2007-08-29
Ek was gisteroggend twee ure lank tussen Pretoorsdorp en Jansberg vasgevang in my kar. Ek moes. Geen keuse gehad nie. Werk.
Daar was baie stof tot oordenking in die tydjie van beproewing. Ek is baie, baie dankbaar dat ek dit slegs per geleentheid moet doen … anders kan ek verseker weet ek gaan ‘n ere-plekkie in die hel hê – met my eie Lazyboy. Ek het lanklaas so baie gevloek. Taxidrywers, spietkops, windgatte, busse, motorfietse – niemand gee ‘n hel om vir die ander ou nie.
Bevange sit en luister ek na die nuus oor die pers radiostasie – “20 miljoen defektiewe kondome in omloop weens korrupsie, 10% van mans dink dis OK om hulle vrouens te slaan, mense vermoor vir ’n selfoon en twintig rand …”.
Liewe hemel, daar moet beter plekke wees! Weg van hierdie choas – hemel op aarde. Iemand het gesê daar is sewe hemele. So dan moet ek mos sewe hemele op aarde kry: Read the rest of this entry »
3 Kommentaar |
Flotsim en jetsim |
Permalink
Bygedra deur Waterdraer